Sewe mans gevonnis vir plaasmoord

Die hooggeregshof in Mpumalanga het sewe mans gevonnis vir die moord op ‘n boer, Deon de Bruyn, en die poging tot moord op Estelle Jansen. Die moordenaars was seisoenwerkers wat vroeër algemene arbeid op die plaas gedoen het. Al die moordenaars is tot 15-jaar regstreekse tronkstraf gevonnis, behalwe Fannie Mkhabela wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, hoop die vonnis sal soortgelyke misdadigers ontmoedig.