Omgewingsministerie het gemengde gevoelens oor COP19

Die Namibiese omgewingsministerie sê die Cites COP19-beraad se uitkomste word met gemengde gevoelens begroet. Goeie nuus is dat alle kiaathout voortaan invoer- en uitvoerpermitte van Cites, sal benodig. Kiaat is een van die mees gesogte houtspesies wat in die meeste Suider-Afrikaanse lande voorkom, insluitend Namibië. Dit volg op ’n voorstel wat deur Benin, die Ivoorkus, die Europese Unie EU en Senegal by Cites ingedien is om djati-hout en Afrika-mahonie, onder aanhangsel II te lys. Daar sal van alle uitvoerders en invoerders van kiaat vereis word om aansoek te doen vir Cites-permitte by die ministerie se permitkantoor. Die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda gee ‘n oorsig oor COP19 aan Kosmos 94.1 Nuus.