Libiese Lockerbie-bomplanter glo ontvoer

Die Libiër wat 34 jaar ná die Lockerbie-bomaanval vir sy beweerde aandeel daarin aangekeer is, is glo deur ‘n krygsheer by sy huis ontvoer en twee weke aangehou voordat hy na Amerika geneem is. Bronne in Libië voer aan dat die 71-jarige Masoed Al-Marimi deur gewapende magte by sy huis in die Abu-Salum-buurt in Tripoli ontvoer een aangehou is. Hy is glo hierna deur ‘n span Amerikaners op ‘n private vliegtuig na die VSA geneem, waarna sy familie in die nuus verneem het dat hy in hegtenis geneem is en in ‘n ander land is. Al-Marimi word daarvan verdink dat hy die bom gemaak het wat op 21 Desember 1988 op die Pan Am-vlug 103 bo die Skotse dorpie Lockerbie ontplof het.