Sewe lande dien bod in vir 2025 Afrika-sokkerbeker

Sokker: Suid-Afrika is een van ses lande wat amptelik ‘n bod ingedien het om 2025 se Afrika-bekerkompetisie aan te bied. Suid-Afrika was die gasheer vir die 2013-toernooi toe Bafana Bafana in die kwarteindronde uitgeskakel is. Bafana sal vir die eindstryd kwalifiseer as die gasheer as Suid-Afrika die bod wen, iets wat die kampioen van 1996 nege jaar gelede reggekry het. Die ander lande wat ‘n bod ingedien het, is Nigerië, Marokko, Zambië, Algerië en Senegal. Nigerië het ‘n gesamentlike bod met Benin ingedien.