Meerderheid stem sover Elon Musk moet waai as Twitter-hoof

Elon Musk het sy 122 miljoen volgelinge op Twitter in ‘n meningsopname gevra of hy moet bedank as uitvoerende hoof van die sosiale media-maatskappy. Die ja-stemme loop tans voor met 56,3 persent teenoor 43,7 persent. Musk het van die een omstredenheid na die ander gestrompel sedert hy Twitter einde Oktober gekoop en uitvoerende hoof geword het. Dit sluit die aflegging van verskeie senior bestuurders en byna die helfte van die personeellede in, die afdanking van werkers wat openlik van hom verskil en om kort-kort die reëls te verander. Musk sê hy sal gehoor gee aan die uitslag.