Sewe dae van rou ná Gambië se vise-president sterf  

Die Gambiese president, Adama Barrow, het sewe dae van rou verklaar ná die dood van die land se vise-president, Badara Alieu Joof. Hy het ná ‘n kort siekbed in Indië gesterf. Die vise-president het Gambië sowat drie weke gelede verlaat om mediese behandeling te ontvang. Die 65-jarige Joof, wat voorheen as die minister van onderwys gedien het, is verlede jaar aangestel as vise-president.