Politieke kenner gee reaksie oor bewerings oor Putin

Daar is al ‘n geruime tyd bespiegelinge dat Russiese President Vladimir Putin terminaal siek aan kanker is. Die Oekraïnse militêre intelligensiehoof in die verdedigingsministerie, Kyrylo Budanov, het glo in ‘n TV-onderhoud gesê hy weet die 70-jarige Putin se stryd teen kanker gaan nie meer lank wees nie. Budanov het geen bewyse oor sy bewering gegee nie. Suid-Afrikaanse politieke ontleder, professor Andre Duvenhage gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus op die vraag wat met die Russies-Oekraïnse oorlog sal gebeur as Putin se situasie vererger.