Ses vermeende beesdiewe se verhoor duur voort

Ses vermeende beesdiewe van Hochfeld se verhoor vind vanaf vandag vir drie dae in die Okahandja-landdroshof plaas. Al ses verdagtes is op borgtog vrygelaat. Die hoofbeskuldigde Albert Tjihero is in die Okahandja-landdroshof borgtog van 5 000 Namibiese dollar deur landdros landdros Selma Nakwaya toegestaan. Sy seun Kevin Tjihero, asook vier plaaswerkers, Joel Katjivi, Ruben Ndatowela, Katunohange Karitjindua en Jeremia Helao, het borgtog van 3 000 dollar betaal. Die ses is op 29 April gevang met vier beeste op pad na ‘n veiling toe wat deur Ockert Steyn besit word. Steyn huur grond by Tjihero. Die waarde van die beeste word op 52 000 Namibiese dollar beraam.