Dr. Riaan Steenkamp van Unam prys Orion-ruimtekapsule se sending 

Nasa se Orion-ruimtekapsule het in die Stille Oseaan neergeplons nadat hy ‘n reis van 1,4 miljoen myl na die maan en terug voltooi het wat 25 dae geduur het. Vlootduikers het naby gewag om die ruimteskip te herwin, wat met ‘n valskerm-ondersteunde landing langs die kus van Baja California, Mexiko, neergeplons het. Die kapsule, met ‘n gesimuleerde bemanning van drie mannekyne wat met sensors gekoppel is, het sy verste punt in die ruimte van 434 500 kilometer van die Aarde af bereik voor hy teruggedraai het. Dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-afdeling van Unam, deel sy reaksie met Kosmos 94.1 Nuus.