Ses swartpoot-wildekatte in Suide met nekbande voorsien

Die Swartpoot-wildekat Werksgroep het altesaam agt swartpoot-wildekatte in die Suide naby Grünau gevang en ses met nekbande voorsien. Vier van die katte het die tweede keer sedert verlede jaar nekbande gekry, omdat hulle dit ontgroei het. Twee katjies is ook met mikroskyfies voorsien om navorsing oor hulle te doen. Alexander Sliwa, die stigter van die groep, die Namibiese veearts dr. Axel Hartmann en Martina Kusters was deel van die span. Professor Morgan Hauptfleisch, die hoof van die Biodiversiteit-navorsingsentrum van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, het aan Kosmos 94.1 Nuus vertel dat al agt wyfies is, maar geen mannetjie gevind is nie.