Padblokkades, veiligheidsones vir toepas van Covid-maatreëls

Ná die aankondiging van die nasionale inperking deur President Hage Geingob, het die minister van binnelandse sake, dr. Albert Kawana, gesê padblokkades en veiligheidsones gaan ingestel word. Lede sal ontplooi word en sorg dat maatreëls toegepas word. Die lede is van die ministeries van binnelandse sake, verdediging, internasionale betrekkinge en samewerking, gesondheid en justisie.