Noord-Kaap wil landbou aantreklik vir jeug maak

Die Noord-Kaapse departement van landbou wil die sektor jonger en aantrekliker maak. Die departement sê dit moet gedoen word om jonger mense te lok. Planne is in die pyplyn om programme te ontwikkel om meer jongmense op te lei en hulle vaardighede te ontwikkel. Woordvoerder Zandisile Luphahla sê die hoof-doelwit is om by te dra tot versnelde voedselproduksie deur die ontwikkeling van ‘n groep bevoegde jong produsente.