Ses ouetehuis-werkers skuldig bevind aan wangedrag ná dood van inwoner

Ses werknemers van die Maudie Kriel-ouetehuis in Ceres in die Wes-Kaap is aan wangedrag skuldig bevind ná die dood van ‘n bejaarde inwoner wat in ‘n rystoel was. Die 81-jarige Sagrya Engelbrecht is verlede maand oorlede na sy na bewering oornag buite die tehuis gelaat is toe sy ‘n sigaret gaan rook het. Die bestuur van die ouetehuis het aan Suid-Afrikaanse media bevestig die personeellede is op verskillende aanklagte van wangedrag skuldig bevind en verskillende strafmaatreëls is ingestel.