Ses onthoof, non vermoor in Mosambiek

Minstens ses mense is onthoof en ‘n Italiaanse non is deur Islamitiese Staat-verwante militante in Mosambiek se Nampula-provinsie vermoor. Volgens owerhede het die militante vlug ingeslaan toe soldate van Mosambiek, Rwanda en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap op hulle toegeslaan het en daarom is die geweld gepleeg. Drie burgerlikes is ook ontvoer en tientalle huise is afgebrand.