EFF sê regbank word gebruik om korrupsie toe te smeer

Die EFF sê daar is ‘n groeiende neiging in Suid-Afrika om die regbank en regsmiddele te gebruik om korrupsie toe te smeer. Politieke partye versoek die adjunk-Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, om haar verslag oor die sage van President Cyril Ramaphosa se plaas, Phala Phala, vry te stel. Die voormalige spioenbaas, Arthur Fraser, het beweer Ramaphosa het moontlik in 2020 die diefstal van buitelandse valuta op sy plaas in Limpopo verbloem. Die nasionale woordvoerder van die EFF, Sinawo Tambo, sê die howe word om die verkeerde redes ingespan: