Mbalula vol vertroue Prasa sal beter presteer

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, erken die land se spoor-infrastruktuur is in ‘n uiters vervalle toestand, aangesien die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika met kapitaalbesteding sukkel. Prasa het sonder uitsondering ses jaar lank aan kapitaalprojekte onderbestee. Hy het in 2020 net ‘n kwart van sy toegewysde begroting aangewend, altesaam 2,4 miljard Suid-Afrikaanse rand uit 10 miljard rand. Mbalula het die Parlement se staande komitee oor Aanwending meegedeel hy is vol vertroue dat Prasa se nuwe kapitaalbestedingstrategie binnekort ‘n ommekeer sal bewerkstellig: