Ses maande vir Namibiese afvaardiging in Dubai? Regtig nodig?

Nico Smit, parlementslid van die PDM het die regering se besluit om ‘n span na die 2020 Dubai Ekspo vir ses maande te stuur bevraagteken. Hy wil weet of dit ekonomiese sin maak dat belastingbetalers sowat 20 miljoen Namibiese dollar vir die ekspo moet opdok. Kosmos 94.1 Nuus aan die toerismekenner, Gitta Paetzold, gevra of Smit ‘n punt beet het en of dit die moeite werd is.