Rompslomp belemmer groen energie in die Kaap

Die Stad Kaapstad se strategie vir die groen ekonomie, veral ten opsigte van groen kragoplossings, wen veld. Dis veral met die samewerking van organisasies soos die Atlantis Spesiale Ekonomie-gebied. Die burgemeesterskomiteelid, James Vos, sê twee groen maatskappye in Kaapstad sukkel egter as gevolg van rompslomp en die afdwing van beleid. Vos het die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Ebrahim Patel, gevra om dringend te help: