Ses maande se opleiding vir korrektiewe diens se nuwe beamptes

Die Namibiese Korrektiewe Diens sal aan die einde van die maand begin met die opleiding van die nuwe kandidate. ‘n Totaal van 245 kandidate wat suksesvol was uit ‘n kortlys van sowat 15 000 aansoekers is onlangs bekend gemaak. Die opleiding sal op Omaruru plaasvind. Adjunkkommissaris-generaal Sam Shaalulange van die diens, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik watter tipe opleiding die kandidate sal ondergaan.