Blou Bul verskyn vir TUT-student se moord

Die gewese kêrel van die Tshwane Universiteit van Tegnologie-student, Ntokozo Xaba, het vlugtig in die Pretoriase Landdroshof verskyn in verband met haar moord. Die beskuldigde, Ngcebo Thusi, is ‘n rugbyspeler vir die Blou Bulle en was die laaste persoon wat saam met die slagoffer gesien is. Xaba is Donderdag in haar kampuswoning dood gevind. Een van haar vriende het gesê Xaba het verlede jaar ‘n saak van aanranding teen Thusi geopen. Hy word aangekla van moord en regsverydeling. Die saak is tot volgende Maandag uitgestel.