Ses-jarige Arian word die naweek begrawe

Die ses-jarige Arian Oswyn wat gedurende die eerste week van Oktober op Karibib vermis geraak het, word die naweek begrawe. Sy oorskot is reeds aan sy familie oorhandig na die polisie sy forensiese toetse voltooi het. Die saak het groot opslae gemaak na sy oorskot op 12 Oktober positief geïdentifiseer is. Net sommige liggaamsdele is aanvanklik gevind maar na ‘n uitgebreide soektog is alles teruggevind. Die polisie se ondersoek duur voort. Oswyn se ma, Rieta Seibes, het Vrydag, die 7de Oktober ontdek hy is vermis toe sy skoon klere vir hom na sy oupa se huis geneem het.