Begroting: Waar sal die N$1,2 miljard vir verhogings vandaan kom?

Die middel-termyn begroting word môre deur die finansminister Ipumbu Shiimi gelewer. Daar is begrotingstekorte maar, inkomste vir die regering het effe verbeter veral met diamantverkope en NamRA se aggressiewe invorderingsveldogte. Maar, daar is 1,2 miljard Namibiese dollar, die 3 persent verhoging vir staatsamptenare, waarvoor daar nie begroot is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Robert McGregor van Cirrus gesels oor sy verwagtinge.