Ses aansoeke teen selfde respondent in hof vandag

Daar is ses onafhanklike aansoeke vanoggend in die hoërhof voor regter Shafimana Ueitele teen Profile Investments. Die ses aansoekers het almal hul eie eise gebring maar, die stukke lui dieselfde, behalwe vir die bedrae wat geëis word. Profile Investments het in 2020 by ses individue voertuie gehuur vir wat beskryf word as sensus-werk. Die voertuie is verhuur maar, blykbaar beskadig. Die eisers vra op hul beurt vir 30 600 Namibiese dollar in huurfooie en 42 000 dollar vir skade aan die voertuig, 24 000 dollar in huurfooie en 515 000 dollar om die voertuig te vervang, 48 600 dollar in huurfooie en 17 000 dollar vir skade, 30 600 in huurfooie en 33 600 vir skade, en dan die twee laaste eisers wat net huurfooie, onderskeidelik 30 600 dollar en 186 750 dollar, vra. Profile Investments verdedig die sake wat vandag as statusverhore voorkom.