Opheffing van vervoerverbod in Kaap verwelkom

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, verwelkom die opheffing van die verbod op die verskuiwing van beeste in die land. Beeste mag nou in alle gebiede verskuif word, behalwe in die siektebestuursgebiede. Meyer moedig vee-eienaars aan om hul deel te doen om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom en om voortgesette samewerking te verseker. Produsente word versoek om te alle tye waaksaam te bly: