Roodt gesels oor goudprys, Amerikaanse dollar

Goudpryse het Maandag laer gedaal, met versigtige beleggers se fokus op die belangrike Amerikaanse inflasie-syfers. Volgens ekonome bly daar algemene afwaartse druk op goud, maar hierdie week se inflasiesyfer kan dalk ‘n mate van verligting bied. ’n Verdere aanduiding dat inflasie moontlik ’n hoogtepunt bereik het, sal bemoedigend wees vir die goudmark. Oor die afgelope 90 dae het goud met 8,23 persent gedaal, oor 30 dae met 4,77 persent. Dawie Roodt, bekende ekonoom in Suid-Afrika, sê dit is weens die sterker Amerikaanse dollar.