Prysstygings van 12,5% in vervaardiging in derde kwartaal

Namibiese Statistieke Agentskap het die produsenteprys-indeks vir die derde kwartaal bekend gestel. Die vervaardigings-indeks sluit in verwerking en preservering van vleis, vervaardiging van bier en moutdrankies, koeldrank, mineraalwater en ander gebottelde water, asook die vervaardiging van sement, kalk en gips en basiese edelmetale. Gedurende die derde kwartaal die indeks vir vervaardiging met 175,7 basispunte gestyg vanaf 156.1 basispunte in dieselfde kwartaal van die vorige jaar wat gelei het tot prysstygings 12,5 persent. Theo Klein van Simonis Storm, verduidelik die hoë insetkoste van verskeie sektore aan Kosmos 94.1 Nuus.