Serena wen met skoon stelle

Serena Williams se voorbereiding vir die komende Franse Ope het goed afgeskop toe sy haar openingsronde-wedstryd by die WTA-toernooi in Parma, Italië in skoon stelle gewen het. Sy het Lisa Pigato met 6-3 en 6-2 geklop. Die 39-jarige Williams het onlangs in die tweede ronde van die Italiaanse Ope verloor en sê sy het genoeg tyd nodig om voor te berei vir die Franse Ope op klei wat op 30 Mei begin. Sy het nog net een Grand Slam-titel nodig om Margaret Court se rekord van 24 Major-titels te ewenaar.