Botswana het Indiese variant

Botswana het pas aangekondig dat die Indiese Covid-19-variant in die buurland teenwoordig is. Kosmos 94.1 Nuus het aan Gitta Paetzold van die Gasvryheidsvereniging van Namibië gevra hoe dit Namibiese toerismebedryf sal raak. Sy sê die ontdekking van nuwe variante is altyd ontstellend, maar daar moet verseker word dat alle Namibiërs ingeënt word.