Job sê Rooilyn is diskriminasie

Die Burgemeester van Windhoek, Dr. Job Amupanda, sê hy het instruksie aan sy regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo gegee om op te tree nadat owerhede van die Departement van Veeartseny rou vleis wat hy by die Omuthiya-opemark gekoop het, by die Oshivelo-padblokkade gekonfiskeer het. Geen rou vleis wat Noord van die veterinêre kordonheining aangekoop word, kan Suid van die sogenaamde Rooilyn vervoer word nie, weens die gevare van bek- en klouseer. Amupanda het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is diskriminasie en nie goed vir Noorde nie.