September-inflasie op 7,1%

Inflasie is op 7,1 persent in September aangeteken teenoor 3,5 persent wat in September 2021 gemeet is. Die jongste syfer is ‘n effe daling van die 7,3 persent wat in Augustus aangeteken is. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap het vervoer 2,8 persent bygedra tot die syfer terwyl voedsel 1,7 persent bygedra het. Khomas het weer die hoogste sonale inflasie aangeteken op 7,8 persent met die Suide op 6,9 persent en die noordelike helfte van die land op 6,6 persent. Die twee produkte vir die maand is heuning en hoender. Verbruikers in die Suide het die meeste betaal vir gevriesde porsies en Khomas-inwoners het die meeste betaal vir heuning.