Salah maak geskiedenis met vinnigste driekuns ooit

Mohamed Salah het die vinnigste driekuns ooit by die Kampioenskapsliga behaal toe Liverpool die Rangers met sewe-een verpletter het. Scott Arfield het die Rangers laat voorloop, maar Roberto Firmino het die telling gelykop gemaak. Met rustyd het Liverpool beheer geneem en ses doele aangeteken. Drie hiervan is binne ses minute deur die plaasvervanger, Salah, aangeteken.  Liverpool het nou net een punt van hulle laaste twee wedstryde nodig om vir die uitklopronde te kwalifiseer. Intussen loop Barcelona gevaar om vir die tweede agtereenvolgende seisoen in die groepsfase uitgeskakel te word ná ‘n gelykop-wedstryd van drie-elk teen Inter Milan.