Seoul-vertrapping: Daar was te min polisie

Suid-Korea se eerste minister, Han Duck-soo, het erken institusionele mislukkings met die bestuur van skares het ‘n rol gespeel in Saterdag se dodelike Halloween-stormloop in Seoel. Die dodetal na die ramp, toe ‘n skare mense mekaar in ‘n nou stegie in ‘n stampvol naglewe-area vertrap het, het intussen tot 156 gestyg. Die eerste minister sê die regering sal met alle ministeries, agentskappe en mediese instellings saamwerk om te verseker dat sulke probleme tydens spontane geleenthede nooit weer plaasvind nie. Die land se polisiehoof, Yoon Hee-keun, het om verskoning gevra vir die onvoldoende noodreaksie.