Landbou: Winsgewendheid en nie produksie nie

In moeilike ekonomiese tye soos wat ons nou beleef word winsmarges al hoe kleiner, ook in boerdery. Die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom van die Vrystaatse universiteit, dr. Frikkie Mare, sê boere word altyd op produksie beloon maar nie op winsgewendheid nie. In sy mening, moet dit in ag geneem word omdat dit volhoubare landbou skep.