Sentrale Verkrygingsraad ken 71% meer kontrakte toe

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië, CPBN, sê hy het kontrakte ter waarde van 7,1 miljard Namibiese dollar vanaf 1 April verlede jaar tot op datum aan plaaslike maatskappye toegeken. In totaal het die raad 32 verkrygingsprojekte, beide mededingende en direkte verkrygings, ter waarde van 8,1 miljard dollar toegeken. Die raad se waarnemende administrateur, hoof en voorsitter, Amon Ngavetene, sê daar was ‘n aansienlike toename in die aantal verkrygingstoekennings gedurende die oorsigtydperk. Twee-en-negentig kontrakte is toegeken as gevolg van die lot-toewysingstelsel wat deur die raad vir inklusiwiteitsdoeleindes bevorder is. Dit is in vergelyking met 23 verkrygingsprojekte wat in die 2022-2023 finansiële jaar toegeken is ter waarde van 2,3 miljard dollar, wat ‘n toename van 71 persent verteenwoordig.