Bodproses oop vir maasbanker, monnikvis

Die bodproses vir ‘n veiling van 13 584 metrieke ton se maasbanker en 1 000 metrieke ton se monnikvis is deur die finansministerie en die visserye-ministerie geopen. Volgens die boddokumente moet botte in veelvoude van 100 metrieke ton wees met ‘n minimum prys van 3 571 Namibiese dollar per ton vir gevriesde vis en 1 000 dollar per ton vir nat vis. Die kabinet het ‘n totale toelaatbare vangs van 270 000 metrieke ton maasbanker deur die visserye-ministerie in die 2024-seisoen goedgekeur. Wilson Shikoto, woordvoerder van die finansministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.