Mynbou-produsenteprysindeks styg met byna 10 basispunte

Die kwartaallikse produsenteprysindeks vir tien bedrywe in die land is deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel. Die bulletin skets die produsenteprysindeks vir die eerste kwartaal van 2024. Volgens die verslag het die produsenteprysindeks vir mynbou en steengroef-bedrywe tot 135,3 basispunte gestyg vanaf die 125,8 basispunte wat in die eerste kwartaal verlede jaar aangeteken is. Mirjam Shihepo, die agentskap se woordvoerder, gee meer inligting oor die mynbedryf se indeks.