Sentrale kragverspreider onder oorweging

Belanghebbendes in die elektrisiteit verspreidingsbedryf is tans in gesprek om te bepaal of ‘n sentrale ektrisiteitsverspreider gestig moet word of nie. Central RED sal voorsiening maak vir Windhoek en omliggende gebiede. Rojas Manyame, die algemene bestuurder by Elektrisiteitsbeheerraad, sê die persepsie dat so ‘n verspreider net nog ‘n struktuur is wat teen bykomende koste by die bedryf gevoeg word, nie korrek is nie. So instansie is ‘n gekonsolideerde besigheid van bestaande lisensiehouers en is dus nie ‘n ander struktuur nie, maar eerder ‘n plaasvervanger vir die bestaande verspreiders in Namibië. Die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni sê met die vestiging van nuwe verspreiders kan plaaslike owerhede aandeelhouers word en kan verseker wees dat hul elektrisiteitsfunksies deur bevoegde entiteite verrig word. Afgesien van ‘n sentrale verspreider is Southern RED reeds in ‘n gevorderde stadium van vestiging.