ANC doen baie vir gestremdes – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die regering verbeter voortdurend die lot van gestremdes. Hy het in Johannesburg gepraat op die tweedaagse beraad oor ekonomiese bemagtiging van gestremdes. Ramaphosa sê daar was deur die jare beduidende vordering om tekorte en hindernisse die hoof te bied. Hy verwys na sommige van die hoogtepunte, soos die bevordering van kommunikasie-metodes en die ontwikkeling van praktiese tegnologiese oplossings vir gestremdes: