Sentrale komitee sê nee vir Ekandjo

Die sentrale komitee van die Swapo-party het vanoggend vergader oor die kandidaatskap van Jerry Ekandjo vir die posisie van vise-president by die kongres wat in November gehou word. Volgens die jongste berigte het die komitee besluit dat hy nie sal mag staan in die verkiesing nie. Ekandjo het derde gekom vir die verkiesing van die party se vise-president, na Pohamba Shifeta en Frans Kapofi. Kapofi het onttrek en dus meen Ekandjo hy is dan outomatiese in die wedloop. Die pos is gesog omdat die party se visepresident die party se presidentskandidaat in die 2024 verkiesing sal wees.