Grondbelasting: NLU sê hy werk deurentyd met ministerie

Daar blyk om chaos te wees ‘n skamele ses werksdae voor die sperdatum vir die betaling van grondbelasting op 31 Oktober. Op die oomblik kan aanslae slegs per hand aan grondeienaars uitgereik word. Daar is blykbaar tegniese uitdagings by die landbouministerie. Danie van Vuuren van die Namibiese Landbou-unie se Werkgewersvereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Van Vuuren sê die NLU is in noue kontak met die ministerie.