Gibeon-dorpsraad verloor sy appèl

Die hooggeregshof het die appèlsaak van die Gibeon-dorpsraad teen die Namibiese Ontwikkelingsbank van die hand gewys maar die kostebevel aangepas. Rente word net gehef van die datum van die aflewering van die lasbrief. Die raad het appelleer teen die 2019 beslissing van die hoërhof dat nege van sy voertuie opgeveil kan word na ‘n kontrakteur, waarvoor die raad borg geteken het, nie sy lening van 3,5 miljoen Namibiese dollar by die bank kon betaal nie. Die kontrakteur, Aldrin Brinkman, het ‘n 9 miljoen dollar boukontrak by die raad ontvang en dus, die lening geneem in die 2015-2016 boekjaar. Die hoërhof het beslis dat die dorpsraad te laat sy kennisgewing vir verdediging teen die verstekvonnis ingedien het. Dit moes 20 dae na kennisgewing gedoen word en dit is eers 68 dae later ingedien by die hof. Die uitspraak is deur regters Dave Smuts, Sylvester Mainga en Shafimana Uietele gelewer.