Sensus: Miljoene bestee, data is uiters belangrik

Daar is 706 miljoen Namibiese dollar in verlede jaar se begroting vir die 2023-sensus begroot. Die sensus, wat reeds met twee jaar vertraag was, is uiters belangrik vir beplanning. Die sensus bestuurder by die Namibiese Statistieke-agentskap dr. Isak Neema het die besteding so uiteengesit.

Intussen het die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila verduidelik hoe die data benut sal word.