Orano-aanleg eers afgeskakel

Die Swakopmund-munisipaliteit waarsku inwoners om water uiters spaarsamig te gebruik omdat die Orano-ontsoutingsaanleg afgeskakel is as gevolg van ‘n swael-uitbreking. Die tipe uitbreking kom voor wanneer groot hoeveelhede fitoplankton doodgaan en na die seebodem sink en afgebreek word deur middel van ‘n anaërobiese proses voltooi. Swael word om die manier vrygestel. Die munisipaliteit sê hy sal inwoners op hoogte hou van die stand van sake.