Erongo-polisie behaal sukses teen dwelms

Die Erongo-polisie sê hy het laat Dinsdagaand een persoon is in hegtenis geneem by in huis in Sam Nujoma-rylaan. Daar is beslag gelê op 80 Mandrax-tablette en 1,336 kilogram skunk-dagga. Die waarde word op 76 400 Namibiese dollar beraam. ‘n Namibiese vrou, 28, is gearresteer en haar makker, ‘n man, het gevlug. In nog ‘n beslaglegging is Mandrax, skunk-dagga en kokaïen ter waarde van net meer as 9 000 dollar in Narraville gevind. ‘n 34-jarige man is gearresteer.