Senior polisiebeampte het Zuma oortuig om hom oor te gee

‘n Senior vroue polisiebeampte van KwaZulu-Natal is geprys omdat sy oudpresident Jacob Zuma oortuig het om homself oor te gee en sy tronkstraf weens minagting van die hof te begin uitdien.Generaal-majoor Nonhlanhla Zulu is die hoof van die polisie se operasionele reaksiedienste. Dit het volgens nuusagentskappe in die buurland nege ure van onderhandelings met Zuma by sy huis in Nkandla geneem voordat die polisie hom in hegtenis kon neem en vat na die nabygeleë Estcourt Korrektiewe-sentrum.