Namibiee gesondheidsministerie oor inentings

Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat 128 298 mense reeds teen Covid-19 ingeënt is, waarvan 28 393 ten volle ingeënt is.Die herstelkoers is tans 74%.Uit die 1 372 nuwe gevalle was die meeste in Erongo ,naamlik 18% ,gevolg deur Khomas met 17%. Onder die gevalle is 186 leerlinge, 25 onderwysers, 15 studente en 36 gesondheidswerkers. Uit al die gevalle het 2% hulle eerste dosis entstof ontvang, met vier wat ten volle ingeënt is.