Senior intelligensielede dalk deel van onluste

Die Staatsveiligheidsagentskap het bevestig hy ondersoek die moontlikheid dat intelligensie-amptenare wat bande het met oudpresident Jacob Zuma, agter die onluste is waarin dele van die land vasgevang is. Die vermoede bestaan dat gewese senior lede van die agentskap lojale intelligensienetwerke inspan om die onluste aan te blaas. Die minister van Staatsveiligheid, Ayanda Dlodlo, het die media oor die kwessie ingelig nadat die leër in Gauteng en KwaZulu-Natal ontplooi is: