Mens-dier-konflik – ons moet leer saam oorleef

Mens-dier-konflik kom landwyd in Namibië op kommunale en kommersiële grond voor en behels ‘n verskeidenheid van spesies. Die groot uitdagings in die verband kom op grond voor waar die meeste olifante en roofdiere buite beskermde gebiede voorkom waar mense bly wat nie die koste van skade en verliese kan dra nie. Romeo Muyunda, woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie sê mens-dier-konflik sal altyd ‘n uitdaging bly waar mense en diere saam leef.