Senior burgers in begraafplaas aangeval, beroof

Die aanranding en roof van vier senior burgers by die Gammams-begraafplaas in die hoofstad het wyd reaksie uitgelok. Na wat berig word het vier gewapende rowers op die een groepie van drie, wat ‘n graf besoek het, toegeslaan. Hulle het na bewering gedreig om hulle vingers af te sny indien hulle nie hulle ringe oorhandig nie. Nog ‘n slagoffer, wat sy vrou se graf besoek het, is ook oorval en van alles beroof. Die diewe het die slagoffers se motorsleutels saamgevat. Die vier was met pangas gewapen. Die polisie sê die verdagtes is onbekend. Dit wil voorkom asof hulle die heining oopgesny het om toegang tot die begraafplaas te kry. Daar is blykbaar ook sekuriteitswagte daar.