Landbousyfers vir tweede kwartaal behoort beter te lyk

Die Namibiese Statistieke Agentskap sal die ekonomiese statistieke vir die tweede kwartaal vanoggend om tien-uur in die Karas-streek bekend stel. Hierdie statistieke sal die tweede kwartaal se landbou-bulletin vir vanjaar insluit. Theo Klein, ‘n ekonoom van Simonis Storm in Windhoek, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy verwag dat die tweede kwartaal se BBP-syfers vir die landbousektor effe positief sal wees wat hoofsaaklik deur verbeterde vee- en visproduksie ondersteun sal word.